Ons hokkie-spanne doen dit weer! Horison is baie trots op ons vier ons hokkie-spanne wat almal hul liga-wedstryde teen Helderkruin gewen het. o/10-Span wen 4 - 2 o/11-Span wen 7 - 0 o/12-Span wen 2 - 0 o/13-Span wen 3 - 0 Baie geluk aan al die spelers en hul afrigters!
Posts
- Get link
- X
- Other Apps
Krieketuitslae vs Dr Havinga (14 Aug - 17 Aug) Ons o/10-span wen met 15 lopies en die tweede-span wen met 48 lopies. Die krieketsterre van die dag was die 0/11-span wat met 221 lopies wen! Op die foto's is Henricus Meyer en Dylan Potgieter wat beide 100-talle geslaan het, asook die res van die o/11-span. Baie geluk aan die seuns en hul afrigters.
- Get link
- X
- Other Apps
Die Speelgroep- en gr RR maats leer meer oor plaasdiere. (14 Aug - 18 Aug) Ons klein maaatjies het hierdie week meer geleer oor die produkte wat plaasdiere vir ons gee. Van mielies kan ons springmielies maak en van koeimelk kan ons melkskommel maak. Die maats is bederf met heerlike springmielies en melkskommels!
- Get link
- X
- Other Apps
Landloop Liga 11 Augustus 2017 Ons landloop-atlete het op Vrydag 11 Augustus aan die tweede liga-byeenkoms by Trinity Little Falls deelgeneem. Daar het 41 atlete deelgeneem. Hulle het mooi verbeter op hul vorige tye. Tien van ons atlete was onder die eerste 10 in hul groepe. Baie geluk julle! Horison is trots.
- Get link
- X
- Other Apps
Ons hokkie-bokkies doen dit weer! Horison is trots op al 6 ons hokkie-spanne wat op Donderdag 10 Augustus hul liga-wedstryde teen Charter House gewen het. Hou so aan meisies. Ons hokkie-bokkies doen dit weer! Horison is trots op al 6 ons hokkie-spanne wat almal op Donderdag 10 Augustus hul liga-wedstryde teen Charter House gewen het. Hou so aan meisies.