Ons hokkie-spanne doen dit weer! Horison is baie trots op ons vier ons hokkie-spanne wat almal hul liga-wedstryde teen Helderkruin gewen het. o/10-Span wen 4 - 2 o/11-Span wen 7 - 0 o/12-Span wen 2 - 0 o/13-Span wen 3 - 0 Baie geluk aan al die spelers en hul afrigters!
Die Speelgroep- en gr RR maats leer meer oor plaasdiere. (14 Aug - 18 Aug) Ons klein maaatjies het hierdie week meer geleer oor die produkte wat plaasdiere vir ons gee. Van mielies kan ons springmielies maak en van koeimelk kan ons melkskommel maak. Die maats is bederf met heerlike springmielies en melkskommels!
Rugby-afrigters sê dankie! Baie dankie aan Steel & Pipes Krugersdorp vir die reël en borg van die afrigterbaadjies in samewerking met P & P Sekuriteit! Hories-manspersoneel waardeer dit opreg.
Comments
Post a Comment