Posts

Showing posts from August, 2017
Image
Ons hokkie-spanne doen dit weer! Horison is baie trots op ons vier ons hokkie-spanne wat almal hul liga-wedstryde teen Helderkruin gewen het. o/10-Span wen 4 - 2                o/11-Span wen 7 - 0                   o/12-Span wen 2 - 0                o/13-Span wen 3 - 0 Baie geluk aan al die spelers en hul afrigters!
Image
Krieketuitslae vs Dr Havinga (14 Aug - 17 Aug) Ons o/10-span wen met 15 lopies en die tweede-span wen met 48 lopies. Die krieketsterre van die dag was die 0/11-span wat met 221 lopies wen! Op die foto's is Henricus Meyer en Dylan Potgieter wat beide 100-talle geslaan het, asook die res van die o/11-span. Baie geluk aan die seuns en hul afrigters.
Image
Die Speelgroep- en gr RR maats leer meer oor plaasdiere. (14 Aug - 18 Aug) Ons klein maaatjies het hierdie week meer geleer oor die produkte wat plaasdiere vir ons gee. Van mielies kan ons springmielies maak en van koeimelk kan ons melkskommel maak. Die maats is bederf met heerlike springmielies en melkskommels!
Image
Krieket   o/11-span 11Augustus 2017 Baie geluk aan mnr. Rheeder en sy o/11 krieket-span met hul mooi oorwinning op Donderdag 11 Augustus. Hulle het Maragon met 'n reuse 231 lopies gewen. Stefan Löttering teken 103 lopies aan en Henricus Meyer teken 64 lopies aan. Wel gedaan manne!
Image
Landloop Liga 11 Augustus 2017 Ons landloop-atlete het op Vrydag 11 Augustus aan die tweede liga-byeenkoms by Trinity Little Falls deelgeneem. Daar het 41 atlete deelgeneem. Hulle het mooi verbeter op hul vorige tye. Tien van ons atlete was onder die eerste 10 in hul groepe. Baie geluk julle! Horison is trots.
Image
Die Speelgroepie hou troeteldiere-dag 11 Augustus 2017 Die kleuters van die Speelgroep het groot pret gehad verlede week toe hulle hul troeteldiere kon skool toe bring. Hulle het mekaar van hul troeteldiere vertel en het die geleentheid gehad om self van nader met die diere kennis te maak.
Image
Ons hokkie-bokkies doen dit weer! Horison is trots op al 6 ons hokkie-spanne wat  op Donderdag 10 Augustus hul liga-wedstryde teen Charter House gewen het. Hou so aan meisies. Ons hokkie-bokkies doen dit weer! Horison is trots op al 6 ons hokkie-spanne wat almal op Donderdag 10 Augustus hul liga-wedstryde teen Charter House gewen het. Hou so aan meisies.
Image
Skaak Liga   9 Augustus 2017 Ons o/9, o/11 en o/13 skaak-spanne het op Woensdag 9 Augustus aan die Roodepoort-kampioenskappe deelgeneem. Hulle het 'n allemintige 5 ure lank gespeel en hulself goed van hul taak gekwyt. Mooi so julle!
Image
o/10 Krieket - 3 Augustus 2017 Ons is baie trots op mnr. Reuben J. v. Rensburg en die o/10 krieketspan met hulle pragtige oorwinning tydens hul eerste liga-wedstryd. Hulle het teen Maragon gespeel en met 7 paaltjies gewen.
Image
Landloop Liga - 2017 Die landloop-liga het op Vrydag 4 Augustus afgeskop met die eerste byeenkoms. Baie geluk aan ons atlete wat so mooi presteer het. Baie geluk ook aan Alicia Malherbe met haar 3de plek in die dogters o/13 wedloop.
Image
Horison spog met 'n pragtige nuwe geteëlde voorportaal. Die kleuterskool se parkie is ook opgeknap en verfraai tydens die Julie vakansie.
Image
Super Reeks Hokkie 29 Julie 2017 Ons is baie trots op ons o/11 en o/13 hokkiespanne wat tydens die afgelope naweek se Super Reeks hokkie-toernooi beide 3de geëindig het uit 12 skole in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Wel gedaan meisies!
Image
Super Reeks Tennis 3 Augustus 2017 Baie geluk aan onso/13 dogter-span en o/11 seun-span wat die Super Reeks tennis-toernooi gewen het. Geluk ook aan Thyan en Sonia Botha wat albei hul onderskeie afdelings gewen het.
Image
RAK-Skilderkuns 'n Paar van ons leerders se pragtige kunswerke tydens 2017 se RAK kreatiewe kunswedstryd. Die tema was "Wilde diere".
Baie geluk aan Horison se hokkie-spanne! Baie geluk met die pagtige uitslae van die eerste twee liga-wedstryde. Laerskool Horison teen Laerskool Florida (27 Julie 2017) o/10 A-span wen 10 - 0 o/11 A-span wen 5 - 0 o/12 A-span wen 4 - 0 0/13 A-span wen 6 - 0 Laerskool Horison teen Maragon (1 Augustus 2017) o/10 A-span wen 6 - 0 o/10 B-span wen 3 - 0 o/11 A-span wen 5 - 0 0/11 B-span gelykop 0- 0 o/12-span wen 7 - 0 0/13-span verloor 1 - 2 Ons is trots op julle en hou styf duimvas vir die res van die seisoen.
Image
Landloop: Aflos-byeenkoms Twaalf van ons atlete het die landloop-seisoen op Vrydag 28 Julie afgeskop met 'n vriendskaplike landloop aflos-wedloop. Baie geluk aan elkeen van julle. Ons hou styf duimvas vir die seisoen wat voorlê.