Baie geluk aan Horison se klein wetenskaplikes wat 'n eerste plek behaal het in die Wetenskap-Expo wat onlangs by Horison aangebied is deur die distrik.
Rugby-afrigters sê dankie! Baie dankie aan Steel & Pipes Krugersdorp vir die reël en borg van die afrigterbaadjies in samewerking met P & P Sekuriteit! Hories-manspersoneel waardeer dit opreg.
Skaak Liga 9 Augustus 2017 Ons o/9, o/11 en o/13 skaak-spanne het op Woensdag 9 Augustus aan die Roodepoort-kampioenskappe deelgeneem. Hulle het 'n allemintige 5 ure lank gespeel en hulself goed van hul taak gekwyt. Mooi so julle!
Die Speelgroep- en gr RR maats leer meer oor plaasdiere. (14 Aug - 18 Aug) Ons klein maaatjies het hierdie week meer geleer oor die produkte wat plaasdiere vir ons gee. Van mielies kan ons springmielies maak en van koeimelk kan ons melkskommel maak. Die maats is bederf met heerlike springmielies en melkskommels!
Comments
Post a Comment